Vir die Suid-Arikaners

Ek kry die volgende vraag van ‘n Suid Afrikaner: “Waaroor gaan die boek?” Eers dink ek om net eenvoudig in Engels te antwoord, aangesien die boek in Engels geskryf is, maar toe besin ek en besluit om vir my familie en vriende in Suid Afrika ‘n kort opsomming van die boek te gee.

Eerstens, dit is fiksie! Alhoewel baie van die mense wat my ken kal dink – “is dit regtig waar?” – onthou dis fiksie! Ek het baie van my eie ervaring van koshuis lewe op skool, die grens oorlog, universiteits dae en my eerste werk, in die storie ingevleg.

Natuurlik begin die boek met ‘s swart Mercedez wat ‘n landmyn aftrap en die lug ingeblaas word.

Die verhaal speel af in die VSA waar Charlie O’Neal, as ‘n IT konsultant, agterkom hoe sy werkgewer hom en van sy medewerkers wat ook immigrante is, bedrieg. Sy soeke na antwoorde bring hom by die punt waar hy sy eie verlede met al die geheime wat hy eerder wil vergeet, weer in die gesig moet staar. Die pyn en verlies wat hom uit SA weggedryf het, hou ook die sleutel tot ‘n ontdekking van ‘n vergete bank rekening wat sy lewe kan verander. Is dit regtig syne?

Maar, dan is daar die misteriese Sir Archibald van sy verlede met wie hy moet rekening hou. Wie is dit? Werk hy vir hom? Hoe pas die kat in die storie?

Ek wil nie meer sê nie, want dan gaan ek teveel van die storie weggee. Lees eerder die boek.

Die boek is beskikbaar op Amazon.

Click on this link to order the paperback version from Amazon.

Click on this link for the kindle version on Amazon.

Ek hoor graag jou mening oor die boek.

Christo

One thought on “Vir die Suid-Arikaners

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s